Agterpaaie deur Suid Afrika het sy ontstaan sedert 2013 deur 2 passievolle mense, Johan en Marian Matthee, wat lewe om net in die natuur te wees en wat kranige voël liefhebbers is en boonop kamp mal is!
Hierdie passie van ons gaan voortleef, aangesien Johan, met groot hartseer vir sy geliefdes, skielik gedurende ons laaste toer na Namibia en Botwwana, weggeruk is van ons en aan ‘n masiewe hartaanval gesterf het.
Die doel van die webwerf/blog asook facebook en instagram blaaie, is om ons mede kampers en toeriste van inligting te verskaf, sover as wat ons getoer hot, en ek natuurlik sal voortgaan om te toer.
Ek praat nog van ons, jammer maar Johan het elke toer so voledig beplan deur vir weke inligting bymekaar te maak en het Google Earth gebruik om seker te maak van veiligheid en toeganklikheid vir elke oornag plek. Hierdie is nou als na my oorgedra! Sy ligende leef voort in my.
Die toer gaan voort as vrou alleen want my leermeester, vriend, maatjie,, liefde van my lewe, qat absoluut fenominaal met beplanning was, en sy ervare kennis aan my oorgedra het, sal dit graag so wil hê.
My volgende toer word beplan vir Namibia, Botswana sowel as Zambie 2023/2024.
So, as julle my sien, kom se asseblief hallo!
Volg my ook op
Facebook / Instagram; Agterpaaie deur Suid Afrika
Facebook / Instagram; Namibia & Botswana toer 2


